Stakers in die staatsdiens brand 'n motor en die Mangosuthu-hoofweg in Umlazi is vanmôre van 'n barrikade voorsien, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
"Teen ongeveer 01:00 die oggend (Maandag) het 'n groep betogers by die Prins Mshiyeni-hospitaal in Umlazi ingebars en ' n motor verbrand wat aan 'n werker by die hospitaal behoort," het luitenant-kolonel Vincent Mdunge gesê.
Hulle het om 05:00 na die Mangosuthu-hoofweg beweeg en die verkeer gehalt wat in en uit die lokasie beweeg.
"Op hierdie stadium is die snelweg gesluit. Die betogers het die pad met 'n yskas en ou motors geblokkeer. Die polisie was op die toneel en het begin met die verwydering van die versperring," het hy gesê.
Daar was 'n skare op die pad. Geen inhegtenisnames is gemaak nie.
Die Kongres van SA Vakverbonde en die Onafhanklike Arbeidskoukus het 'n week gelede 'n landswye staking aangekondig ná die verwerping van die regering se aanbod van 'n sewepersentsalarisverhoging en 'n R700-per-maand-behuisingstoelae.
Hulle eis 'n 8,6%-verhoging en R1000-behuisingstoelae.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





