praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Blanke vakunie sluit by staking aan

Blanke vakunie sluit by staking aan

E-pos Afdruk PDF

Onderwysers wat aan die hoofsaaklik blanke Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) behoort, gaan aanstaande week by die landwye staatsdiensstaking aansluit, het die unie gister in 'n verklaring gesê.

"Die SAOU het op hierdie drastiese stap besluit nadat 87% van lede die staat se jongste aanbod van 'n algemene salarisaanpassing van 7% en 'n behuisingstoelaag van R700 per maand verwerp het tydens 'n stemming deur lede," het die unie gesê.

Die unie, wat onderwysers van die vorige model C-skole insluit, gaan Maandag by die staking aansluit.

Die SAOU het geweld en skade aan eiendom deur ander vakbonde veroordeel.

"Barbaarse optrede soos wat ons oor die afgelope week gesien het, kan nie langer verdra word nie," lui die verklaring verder.

Die unie het skoolbeheerrade gevra om leerlinge en onderwysers te monitor.

"Indien daar 'n redelike risiko van intimidasie en beserings bestaan, moet die belange van die leerders en personeel in ag geneem word...," het die unie gesê en bygevoeg dat skole nie "ten alle koste" moet probeer oop bly nie.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: