“Ons het geduldig probeer om die werkgewer te oortuig om ‘n hersiene aanbod aan te bied,” het Cosatu en die Onafhanklike Arbeidskoukus (ILC) Dinsdag in ‘n gesamentlike verklaring gesê.
“Die staking van staatsdiensvakbonde sal voortgaan totdat die werkgewer aan die werknemers se eise voldoen.”
Stakings sal by “al ons werkstasies” plaasvind terwyl massa-optogte regoor die land vir 26 Augustus beplan word.
Nomusa Cembi, woordvoerder vir die South African Democratic Teachers’ Union (Sadtu), het gesê dat meeste van hul 245 000 lede na verwagting aan die staking sal deelneem.
Sadtu het stakende onderwysers aangemoedig om nie ander te intimideer nie ná gerugte van ontwrigtings van klaskamers in die Vaaldriehoek vroeër vandeesweek.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





