Politieke ontleders sê die samesmelting van die Demokratiese Alliansie en die Onafhanklike Demokrate, sal nie 'n werklike bedreiging vir die ANC in die 2014 nasionale verkiesing inhou nie.
Die DA en die OD het gister dié samesmelting aangekondig en sê hulle hoop dat die nuwe alliansie sal baat vind by die toenemende ontevredenheid met die ANC se hantering van kwessies soos misdaad, onderwys, gesondheidsorg en elektrisiteitsverskaffing.
'n Onafhanklike ontleder, Nic Borain sê die ooreenkoms sal nie noodwendig swart steun in die DA versterk nie. Nog 'n ontleder, Ibrahim Fakir van die Suider-Afrikaanse Verkiesingsinstituut, het sy bedenkinge oor die volhoubaarheid van die ooreenkoms uitgespreek.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





