praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Treine in Kaapstad ontwrig

Treine in Kaapstad ontwrig

E-pos Afdruk PDF

Treindienste in die Kaapse Skiereiland sal vanoggend tydens spitstyd ontwrig word, weens strukturele skade aan treinspore en oorhoofse elektrisiteitskabels by die Koeberg-wisselaar naby Kaapstad.

'n Woordvoerder vir Metrorail, Riana Scott, sê die skade is gistermiddag aangerig toe 'n 75-meter staalstruktuur van sowat 75 ton oor drie treinspore geval het. Niemand is in die voorval beseer nie.

Scott sê pendelaars wat gewoonlik afklim by Ysterplaat en die Esplanade-stasies moet tot in Kaapstad ry. Hulle sal dan per bus na die groter Paarden-eiland nywerheidsgebied en Century City vervoer word. 'n Treindiens sal ook tussen Bellville en Century City beskikbaar wees tot die probleem herstel is.

Die Monte Vista-lyn en die Khayelitsha-lyn sal die ergste geraak word. Die treine behoort weer teen laatmiddag normaal te loop.

Die vakbond Satawu het 'n dringende vergadering met die minister van Vervoer, S'bu Ndebele, versoek oor die geskil tussen Transnet en die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (PRASA).

Dit volg nadat die Shosholoza Meyl se langafstanddiens vir 'n onbepaalde tyd opgeskort is. Volgens Prasa is dit weens bedryfsprobleme met Transnet, wat die diensverskaffer is. Satawu het 'n vergadering op hoë vlak binne die volgende 48-uur versoek.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: