'n Swart skoolseun is op vrye voet nadat hy Woensdag glo een van sy maats in Mthatha met 'n mes doodgesteek het, het polisie in die Oos-Kaap gesê.
Die 16-jarige seun, het nie Woensdag skool toe gegaan nie. Hy het glo 'n medeleerling drie keer met 'n mes gesteek terwyl hy van sy skoolbus afgeklim het en toe gevlug.
Die slagoffer is op pad na die hospitaal dood.
Die oorsaak vir die voorval is nog nie bekend nie.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





