"Ons doen 'n dringende beroep op die ANC om kennis te neem van die nuwe mediawetgewing in Ysland," vra ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) en waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese alliansie.
"Ysland het die teenoorgestelde koers ingeslaan as wat die ANC nou in die parlement probeer inslaan. Deur die nuwe Yslandse wetgewing, wat deur die ModerneYslandse Media-inisiatief gedryf is, sal die bronne van ondersoekende joernaliste effektief beskerm word en skoon adminitrasie verseker word. Die media beskryf hierdie wetgewing as 'n gids vir persvryheid.
"Selfs voor die jongste verwikkelings het Ysland reeds die 9de plek op Verslaggewers Sonder Grense se persvryheidsindeks beklee, en Suid-Afrika die 33ste – na lande soos Ghana en Mali.
"'n Land se posisie op die persvryheidsindeks beïnvloed die land se posisie op die korrupsiepersepsie-indeks en beïnvloed so weer beleggersertroue."
| < Vorige | Volgende > |
|---|





