praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Friday, 10. February 2012

Bygewerk op:09:59:45 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Fifa-amptenaar geskiet

Fifa-amptenaar geskiet

E-pos Afdruk PDF
Die hoof- finansiële amptenaar van Fifa se plaaslike komitee is buite sy huis in Sandton, Johannesburg, geskiet.

Farouk Seedat (52) is na 'n hospitaal gehaas nadat hy rondom 22:00 Dinsdagaand by sy huis deur gewapende mans aangeval is.

Dit is nie bekend of enigiets tydens die aanval gesteel is nie maar Kym Cloete, polisiewoordvoerder, sê 'n saak van poging tot moord en huisbraak is gemaak.

Volgens 'n woordvoerder vir die hospitaal waar Seedat opgeneem is, verkeer hy in 'n stabiele toestand.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: