Cheryl Gillwald, 'n getroue wit ANC-veteraan, is die naweek aan kanker dood, het die ANC se vroueliga (ANCWL) Dinsdag gesê.
Edna Molewa, ANCWL-woordvoerder, het Gillwald " 'n heldin van ons stryd vir vryheid" genoem.
Volgens Molewa was Gillward 'n "dapper" vrou wat 'n prominente rol in die vryheidstryd gespeel het.
Gillward, wat op die ouderdom van 53 dood is, was twaalf jaar lank 'n parlementslid van 1994 tot 2006.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





