praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Friday, 10. February 2012

Bygewerk op:05:30:08 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika UV-student sterf aan sianiedvergiftiging

UV-student sterf aan sianiedvergiftiging

E-pos Afdruk PDF
'n Student aan die Universiteit van die Vrystaat, Jaco Buys (23), is gister in een van die UV se laboratoriums dood aan sianiedvergiftiging.

Volgens die polisie is leë sianied-botteltjies is op Buys se lessenaar gevind, maar geen misdaad word vermoed nie.

Buys sou aan die einde van die jaar sy MA-graad in plantwetenskappe verwerf het.

Medestudente het gehoor Buys maak vreemde geluide en gesien skuim kom by sy mond uit. Hy is na die Medikliniek gehaas, maar is later die oggend dood verklaar.

Die polisie sal 'n nadoodse ondersoek doen.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: