Sibusiso Khumalo en Mxolisi Ncoya het Maandag in die landroshof in Durban verskyn op twee aanklagtes van moord en twee aanklagte van verkragting.
Khumalo en Ncoya het glo vir Boniswa Zondo en Nombulelo Dlamini, albei 16, by 'n kroeg uitgesleep, hul kele geskeur en toe met hulle seks gehad nadat die meisies reeds dood was.
Hulle het na bewering daarna die meisies in 'n vlak graf in Durban begrawe. Twee mense het glo gesien hoe Khumalo en Ncoya dié toneel verlaat. Daar word gesê die mans het vermoed hul meisievriende het hulle met ander seuns verneuk.
Albei se aansoek om borgtog is afgekeur en die saak is tot 30 September vanjaar uitgestel.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





