Die verhoor van die veroordeelde dwelmsmokkelaar, Glen Agliotti, in verband met die moord op die mynmagnaat, Brett Kebble, sal vanoggend in die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg voortgaan.
Die Staat gaan sy volgende getuie, Stephen Mildenhall, roep.
Mildenhall het Woensdagoggend vanaf Engeland in die land aangekom om in die getuiebank te kom staan.
Gister het 'n staatsgetuie en een van die sluipmoordenaars, Nigel McGurk, aan die hof vertel dat Agliotti die twee miljoen rand vir Kebble se gesteunde selfmoord verskaf het.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





