Hooflanddros Mziwonke Hinxa, het die vier skuldig bevind nadat hul vroeër skuld beken het.
Die saak is deur die loop van die oggend effens vertraag en het eers om 14:00 amptelik begin.
Staatsaanklaer Johan Kruger het die pleitstuk asook die aanklag uitgelees.
Adv. Kemp J. Kemp SC, vir die studente, het gesê die vier het skuldig gepleit op die basis van sekere feite en omstandighede wat later in 'n verklaring uiteengesit is.
Nadat die landdros die pleitstuk aanvaar het, het Kemp begin om die verklaring voor te lees. Daarna is ooreengestem dat die video in die hof vertoon sal word.
Hinxa het die saak uitgestel tot Woensdag 14:00 waartydens argumente vir vonnisoplegging aangehoor sal word.
Die vier het vyf swart werkers, vier vroue en een man, verneder deur hulle te laat deelneem aan 'n ontgroeningseremonie in 2007 by die Reitz-koshuis aan die Universiteit van die Vrystaat.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





