Die polisieman het glo na Asanda Dondolo se huis gegaan om hom in hegtenis te neem nadat hy glo Sondagoggend by die polisieman se motor ingebreek het, het Moses Dlamini, ICD-woordvoerder, gesê.
Volgens Dlamini het die polisieman glo 'n vuurwapen op Dondolo gerig en sy hande geboei.
"Hy het hom daarna buite die huis geneem waar hy die slagoffer herdaaldelik met 'n metaalstok en 'n rottang aangeval het."
Volgens Dlamini het die polisieman en twee van sy vriende later die man in Khali-straat, Harare aangeval.
Dondolo is na die polisiestasie geneem waar hy inmekaar gesak het.
Hy is deur paramedici op die toneel dood verklaar.
Die konstabel en sy twee vriende is in hegtenis geneem en van moord aangekla.
Hulle sal na verwagting Woensdag in die magistraatshof in Khayelitsha verskyn.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





