Die prins was by die Maun-stadion in die noorde van Botswana om deel te neem aan 'n bewaringsprojek wat sokker gebruik om kinders aan wildbewaring bekend te stel.
Die prins het saam met verhoogkunstenaars en Lucas Radebe, eertydse Suid-Afrikaanse sokkerspeler en kaptein van Leeds United, deelgeneem.
Prins William se broer, prins Harry, is in Lesotho waar hy ook met liefdadigheidsprojekte betrokke is.
Hulle sal Vrydag in Suid-Afrika aankom om die wedstryd tussen Engeland en Algerië by te woon.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





