Aartsbiskop emeritus Desmond Tutu het die aandrang om die gebruik van vuvuzelas by Wêreldbeker-sokkerstadions te verbied, afgekeur, het die SABC Woensdag berig.
Tutu het die verbod van hierdie omstrede Afrika-trompet as nonsens bestempel en gesê sokkeraanhangers moet bereid wees om dié toernooi op die Suid-Afrikaanse manier te geniet.
Tutu het in Kaapstad tydens 'n jeugberaad die rede gevoer.
"Ten spyte van die land se sosio-ekonomiese uitdagings het die sokkertoernooi 'n eenheid onder Suid-Afrikaners gebring," het hy gesê.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





