Bywoningsyfers by die Wêreldbeker-stadions na afloop van die eerste 11 wedstryde staan op 92.5%, het Nicholas Maingot, Fifa-woordvoerder, Dinsdag in Johannesburg gesê.
Maingot het gesê die groot hoeveelheid leë sitplekke by die stadions is as gevolg van groepbesprekings.
"Die kaartjies is verkoop, maar nie uitgedruk nie. Sommige toeskouers het net eenvoudig betaal en nooit opgedaag nie.
Sowat 53 019 ondersteuners het elkeen van die 11 wedstryde bygewoon wat tot dusver gespeel is, dit is meer as die eerste 11 dae van die Wêreldbeker-sokkertoernooi wat in 2006 in Duitsland aangebied is.Tydens die 2006-toernooi het 52 167 mense die eerste 11 wedstryde bygewoon.
Die bywoningsyfers staan nou op 584 396, 'n getal wat slegs deur die 1994-toernooi in Amerika geklop kan word.
"Ons het die tweede meeste aantal besoekers naas Amerika in 1994," het hy bygevoeg.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





