praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:17:15 PM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika ANC betaal Terre'Blanche-moordenaars se regskoste

ANC betaal Terre'Blanche-moordenaars se regskoste

E-pos Afdruk PDF

Volgens 'n verklaring deur Phillip Dexter van Cope, gaan die ANC die regskoste van Eugene Terre'Blanche se moordenaars betaal. Dexter meen "dié optrede stuur die verkeerde boodskap uit".

"Dit stuur die verkeerde boodskap uit aan Suid-Afrikaners aangesien die regerende alliansie hiermee wil sê dat hy al sy enorme middele sal gebruik om enigeen te verdedig wat 'n prominente blanke doodmaak. Terwyl ons erken dat elke Suid-Afrikaner oor die reg op afdoende verdediging in 'n geregshof beskik, is hierdie op sy beste 'n polities bedenklike daad en op sy slegste verteenwoordig dit siniese politieke opportunisme.

"Die regerende party het uiteindelik tot sy sinne begin kom deur vir kalmte te vra en dat mense mekaar nie op grond van ras moet uittart nie. Maar die besluit om die beweerde moordenaars te verdedig ondergrawe die voorheen goeie werk."

Cope het verklaar dat dit hoog tyd is dat alle Suid-Afrikaners erken dat die regerende alliansie nie langer dié van Mandela is en nie dat die versoening wat hy so hartstogtelik nagestreef het deur gewone Suid-Afrikaners heropgeneem moet word. Dit lyk volgens die party nie asof die regerende alliansie oor die wil of die motivering daartoe beskik nie.

blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: