Dit is hoogtyd dat mynbestuurders vervolg word omdat hulle toelaat dat besoedelde water in ons spruite beland. Hierdie is egter nie die eerste keer dat die Blesbokspruit besoedel word nie. Dit is ‘n aaneenlopende tendens.
Die VF Plus kla sedert die begin van 2008 by owerhede om water in die Blesbokspruit te toets en myne wat hulle skuldig maak aan storting hof toe te vat.
Mnr. Wiebe Schultz, VF Plus raadslid van Ekurhuleni Metroraad, sê in 2008 is die drinkwater van die Rolanda Community Hall, Balfour polisiestasie en ‘n laerskool getoets. Die uitslag was onrusbarend.
‘n Mens sal verwag dat dit juis die Mandela en Zuma-familie is wat versigtig sal wees om hulle nie aan sulke dade skuldig te maak nie. Dit het weereens bewys hulle gee nie ‘n flenter om vir die omgewing of die voortbestaan van die nageslag nie.
Die VF Plus sal die Blou Skerpioene aanmoedig om hul werk te doen en myne aan die kaak te stel wat die natuur vernietig en mense se gesondheid benadeel. “Ons het die afgelope jare reeds met baie inwoners oor die probleem gepraat en sal voortgaan om so te doen. Saam sal ons druk op die regering plaas om mynhuise te stop.”
| < Vorige | Volgende > |
|---|





