praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Sunday, 05. February 2012

Bygewerk op:05:27:19 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Slenkdalkoors versprei verder

Slenkdalkoors versprei verder

E-pos Afdruk PDF

Die gevreesde slenkdalkoors is steeds besig om in die Vrystaat te versprei en sal waarskynlik aanhou versprei totdat die wintermaande aanbreek.

“Op die oomblik het dit baie, baie wyd oor die Vrystaat uitgebrei en is tans baie aktief in die Boshof-area,” het ‘n veearts Louis van Rooyen gesê.

Van Rooyen vermoed die warm weer dra by tot die verspreiding van die siekte en dat dit sal aanhou versprei totdat dit begin koud raak in die gebied.

Areas soos Frankfort, Bothaville, Bultfontein, Dealesville, Fauresmith en Colesberg is die areas wat die meeste deur slenkdalkoors geraak is.

Molefi Sefularo, adjunkminister van gesondheid, het vroeër die week gesê dat sewe gevalle van slenkdalkoors in mense bevestig is in die Vrystaat en Noord-Kaap. Een boer is dood van die gevreesde virus.

Volgens Sefularo sal die virus nie die Wêreldbeker-sokkertoernooi bedreig nie.

Slenkdalkoors 'n erge virussiekte wat hoefdiere soos skape, bokke en beeste aantas.

Diere word aanvanklik besmet as hulle deur muskiete wat die virus dra, gebyt word.

Hierna word die diere direk besmet omdat hulle blootgestel word aan geaborteerde fetusse en besmette materiaal.

Mense wat in direkte kontak met besmette diere kom deur byvoorbeeld die hantering van karkasse, nageboortes en veral bloed kan griep-verwante simptome ontwikkel soos hoofpyn, liggevoeligheid, spier- en gewrigspyn.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: