praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:06:32:01 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Drie vas vir verkragting

Drie vas vir verkragting

E-pos Afdruk PDF

Drie mans is vasgetrek in verband met die verkragting van en moord op 'n 83-jarige Pretoriase vrou.

Insp. Duane Lightfoot het gesê die drie is Dinsdag in Ga-Rankuwa in hegtenis geneem deur 'n taakspan wat opgerig is om die misdaad te ondersoek.

Die bejaarde vrou is op 25 Januarie in Nieuw Muckleneuk vermoor.

"Die drie, almal in hul mid-dertigs, is in Ga-Rankuwa en Atteridgeville vasgetrek," het Lightfoot gesê.

"Hulle is steeds in aanhouding, en sal Donderdag in die Pretoriase landdroshof verskyn."


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: