Die departement van kuns en kultuur gaan in opdrag van die president nasionale vakansiedae hersien.
Dié nuus is tydens ’n voorlegging van die departement oor die Wêreldbeker-sokkertoernooi aan die parlementêre portefeuljekomitee gedoen.
Die direkteur-generaal van die departement van kuns en kultuur, Themba Wakashe, het Woensdag in die parlement gesê ’n verslag en aanbevelings sal oor die volgende drie maande voorberei word.
Suid-Afrikaners heg nie dieselfde waarde aan verskillende vakansiedae nie, aldus Peter Maluleka, waarnemende komiteevoorsitter
Een deel van die gemeenskap kla gereeld dat ’n ander deel van die gemeenskap nie aan Vryheidsdagvierings deelneem nie.
Wakashe sê Suid-Afrikaners verwys na Vrouedag en 16 Junie as vakansiedae nie as nasionale dae nie.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





