praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:06:32:01 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Grondhervormingsrealisme verwelkom

Grondhervormingsrealisme verwelkom

E-pos Afdruk PDF

Dit is noodsaaklik dat die spanning wat bestaan tussen die ANC se Polokwane-doelwitte vir voedselsekuriteit en die ANC se grondhervormingsdoelwitte, opgelos word.

Dit is teen hierdie agtergrond dat die VF Plus mnr. Gugile Nkwinti, minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, se erkenning tydens ’n inligtingsessie in die parlement van die probleme wat met grondhervorming ervaar word, verwelkom.

Die Minister het onder andere gesê:  “Ons jaag nie meer hektaar nie, maar wil eerder ’n balans skep tussen hoeveel grond herverdeel is en hoe volhoubaar dit bewerk word”.

Die Minister het verder daarop gewys dat 90% van die 5,9 miljoen hektaar landbougrond wat die staat sedert 1994 vir grondhervorming gekoop het, braak lê. “Die beginsel van gebruik-of-verloor-dit gaan nou eers van toepassing wees,” het minister Nkwinti gesê.

Volgens die VF Plus getuig hierdie benadering van ’n nuwe realisme wat tot die werklike oplossing van hierdie probleme kan lei. Tot op datum het ondeurdagte en ideologies gemotiveerde grondhervorming voedselsekuriteit in Suid-Afrika bedreig.

Die VF Plus stem saam dat die vestiging van bestaansboere belangrik is, maar enigiemand wat in Suid-Afrika oor voedselsekuriteit praat en die rol van die kommersiële landbouers daarin ignoreer, is onrealisties. Onsekerheid oor die grondkwessie plaas tans baie druk op hierdie kommersiële boere.

Dit is dalk nou die tyd om opnuut na die hele grondhervormings-aangeleentheid te kyk. Die doel met grondhervorming kan tog nooit wees om voedselsekuriteit in Suid-Afrika te benadeel of  die ontvangers van grond daardeur terug te plaas na ’n armoede bestaan soos tans die geval is nie.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: