praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:06:32:01 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Ontvanger slaan op Durbanse glanspaar toe

Ontvanger slaan op Durbanse glanspaar toe

E-pos Afdruk PDF

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het drie motors wat sowat R17 miljoen werd is van 'n Durbanse egpaar gekonfiskeer omdat hul belasting nie in orde was nie, berig The Mercury.

Die SAID het Dinsdag Sbu en Shawn Mpisane se Rolls Royce Phantom ter waarde van sowat R7 miljoen en twee Lamborghinis ter waarde van sowat R4,5 miljoen en R5 miljoen onderskeidelik, teruggevat.

Daar word geglo dat die Mpisane-egpaar sowat R50 miljoen in belasting skuld. Dit is nie bekend hoeveel reeds betaal is nie.

Oujaarsaand het die Mpisanes 'n partytjie gehou met uitspattige kos en wyn. Die nasionale polisiekommissaris, Bheki Cele en talle plaaslike akteurs het dié geselligheid bygewoon.

The Mercury het in Januarie berig oor die swak geboude laekoste-huise wat deur Mpisane se maatskappy, Zikhulise Maintenance, Cleaning and Transport, gebou is.

In 2009 het die paartjie glo R219 miljoen van die eThekwini-munisipaliteit ontvang, maar bouwerk in Umlazi is gestaak nadat werkers in kennis gestel is dat daar nie genoeg geld beskikbaar is nie.

Die Mpisanes het vrywilliglik van hul bates as versekering oorhandig en onderneem om die SAID oor 'n paar maande te betaal.

Shawn Mpisane ontken dat die paartjie die inkomstediens geld skuld.

"Ek het nog altyd my belasting betaal en my man se belasting is op datum. Julle feite is verkeerd. Doen eers julle huiswerk."


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: