praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:06:32:01 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Obama verleng sanksies teen Zim

Obama verleng sanksies teen Zim

E-pos Afdruk PDF

President Barack Obama het Dinsdag sanksies teen Robert Mugabe en senior amptenare van Zanu-PF met ’n verdere jaar verleng.

Hy het in 'n verklaring gesê die voortgesette optrede deur Mugabe bly tans 'n bedreiging vir Amerika se buitelandse beleid en belange.

Die verlenging van sanksies deur die VSA kom nadat pres. Jacob Zuma en Zimbabwiese premier, Morgan Tsvangirai, gevra het dat die strafmaatreëls laat vaar word.

Die Europese Unie het enkele weke gelede ook besluit om sanksies teen topamptenare van Zanu-PF nie op te sê nie.

Sanksies sluit ’n verbod op internasionale reise, bates in die VSA en Europa wat bevries bly en ’n verbod op handel met vername Zimbabwiese maatskappye, in.

Obama het na Mugabe verwys as ’n diktator wat Zimbabwe se ekonomie en sy demokratiese instellings voortdurend ondermyn.

Zuma sal die Britse regering na verwagting versoek om sanksies teen Zimbabwe op te hef ten tye van sy staatsbesoek sodat ’n skikking in Zimbabwe se jaar lange regeringskrisis bereik kan word.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: