praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:06:32:01 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Heersende toestande vernietig boere

Heersende toestande vernietig boere

E-pos Afdruk PDF

Die Vryheidsfront Plus het met skok verneem van nog twee plaasmoorde wat oor die naweek plaasgevind het. Plaasmoorde begin nou epidemiese afmetings aanneem met boere wat hulleself in ‘n lae intensiteit oorlog bevind eerder as net enkele misdaadvoorvalle. Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor ekonomie, is die kombinasie van die terreur van herhalende plaasmoorde saam met die verhoogde krag- en brandstofpryse die doodsteek vir die boerderybedryf en voedselsekuriteit in Suid-Afrika. Indien mens boonop die abortiewe grondeise-proses daarby voeg, dan is dit duidelik dat boere in Suid-Afrika uiters dapper mense is deur steeds te probeer voort boer.

Die VF Plus is van mening dat die boerdery-gemeenskap korrek is as hulle ernstig vra vir die terugbring van die kommandostelsel. Die boere is tans uitgelewer aan geweld en doodslag met net ‘n patetiese SAPD en ‘n paar uitgedunde wapens (weens die wapenbeheer wetgewing) waarmee hulle hulleself moet verweer. Die regering sal ernstig moet begin besin oor hierdie stand van sake en oor die terugbring van die kommandostelsel. Die stelsel was effektief en kom vanuit die dae toe die boere ook teen kolonialisme geveg het en was nog nooit rasgedrewe nie. Daar behoort geen geskiedkundige, rasse- of praktiese beletsel te wees om die stelsel terug te bring nie.

Die VF Plus is van plan om binnekort met president Zuma oor hierdie saak te gesels. Dit is belangrik dat die staat almal in Suid-Afrika se lewens kan beveilig, maar veral dié van die boere wat die sosio-ekonomiese ruggraat van ons samelewing daarstel by wyse van voedselsekuriteit.



blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: