praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:06:32:01 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Nasionale Waterforum fokus op waterkrisis

Nasionale Waterforum fokus op waterkrisis

E-pos Afdruk PDF

Die waterkrisis in die land word daagliks al hoe groter.  Geen beter getuienis daaromtrent is seker beskikbaar as dié van me. Nobubele Ngele, waarnemende direkteur-generaal van waterwese en omgewingsake, wat teenoor die ad hoc-komitee oor dienslewering gesê net 30 van die land se 283 munisipaliteite het waterdienste wat tans behoorlik funksioneer, en dat ‘n verdere 23 munisipaliteite in waterkrisis in die gesig staan.

Ondertussen kom al meer getuienis van waterbesoedeling aan die lig.  So loop daar tans ongeveer 2 miljoen liter rioolwater daagliks in die Hartebeespoortdam in, wat later natuurlik ook verder stroom-af gaan.  Verlate myne aan die Wes-Rand laat duisende liter suur mynwater vry.

Verlede jaar het die Nasionale Waterforum (NWF) tot stand gekom, waarbinne  talle belanghebbende organisasies hande vat om die omvang van die waterkrisis in die land te probeer vasstel, en daarvolgens aksieplanne op te stel ten einde die krisis in belang van die land en sy inwoners te beredder. Teen die huidige tempo gaan daar binne enkele jare geen water meer beskikbaar wees vir menslike gebruik of voedselproduksie nie.

NWF het sopas sy webblad bekend gestel, waarop alle beskikbare inligting rondom water geplaas gaan word.  Lede van die publiek kan foto’s van waterprobleme daarop plaas, saam met ‘n beskrywing van plek, aard en omvang van die probleem.  NWF het ook ‘n spesiale selfoonnommer vir die doel beskikbaar gestel, sodat mense met hulle selfone foto’s kan neem en dit dadelik na NWF se selfoon deurstuur, waarna dit op die webblad geplaas sal word.

Die webblad adres is www.nwf.za.net


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: