‘n Familielid van Tokyo Sexwale het president Jacob Zuma om verskoning gevra nadat sy negatiewe kommentaar oor hom op Facebook geskryf het.
Kananelo Sexwale het glo uitgevaar op Facebook nadat dit bekendgemaak is dat Jacob Zuma pa van sy twintigste kind geword het.
“Ek wil graag om verskoning vra vir enigiets wat ek in private gesprekke oor Jacob Zuma en sy familie kwytgeraak het,” het Sexwale Woensdag in ‘n verklaring gesê.
“Ek het nie bedoel om oneerbiedigheid teenoor enige ouer persoon te wees nie. Een van opportunistiese kennisse het privaat gesprekke op Facebook geneem en dit in die media versprei.”
Sexwale het glo op Facebook gesê dat Zuma stereotipies optree met sy swak gedrag. Sy het glo ook geskryf dat sy skaam kry daaroor.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





