praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:06:32:01 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Uhuru Guru vrygelaat

Uhuru Guru vrygelaat

E-pos Afdruk PDF

Te midde van 'n storm wat PRAAG se berig oor die inhegtenisname van Uhuru Guru, webmeester van South Africa Sucks, veroorsaak het, is hy so pas vrygelaat, volgens 'n sms wat van sy regsverteenwoordiger vanaf die Randburgse landdroshof ontvang is.

Blykbaar was die saak nie eens op die rol nie en is geen klag teen hom gelê nie. Hy het egter die nag in die selle van die Lindense polisiestasie deurgebring en is vanmore saam met die ander verhoorafwagtendes geboei en na die hof vervoer.

Sy vrylating kom ná PRAAG vanmore 'n veldtog op tou gesit het, met mediaverklarings en oproepe aan invloedryke persone. "Ons was reg om 'n internasionale veldtog vir sy vrylating op tou te sit. Dit lyk egter asof die polisie besef het dat hulle geen saak het nie," het Dr. Dan Roodt van PRAAG gesê.

"Die feit dat so iets kon gebeur, toon egter dat alles nie pluis is nie. Die staat het duidelik sy mes in vir die onafhanklike webwerwe wat aan die ANC se oorhoofse beheer ontkom," het hy gesê.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: