praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:06:32:01 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Studente brand lesingsaal af, beskadig biblioteek, rekenaarlokale

Studente brand lesingsaal af, beskadig biblioteek, rekenaarlokale

E-pos Afdruk PDF

'n Lesingsaal by die Universiteit van Zululand is aan die brand gesteek en die gebou is met klippe bestook toe 'n studenteraadsvergadering verdaag het.

“Een lesingsaal is heeltemal verwoes nadat dit aan die brand gesteek is en ‘n hele aantal ander geboue is ook deur ‘n klipgooiery beskadig,” het Sishokonke Mapisa, die sekretaris van die universiteit, gesê.

“Skade van oor ‘n miljoen rand is aangerig.”

Studente het die biblioteek, rekenaar lokale en lesingsale beskadig.

Volgens Kapt. Thulani Zwane, 'n polisiewoordvoerder, word die saak ondersoek en is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Xolani Ngwezi, sekretaris van Sadesmo het gesê dat die SA Students Congress (Sasco) verantwoordelik is vir die skade.

Hulle het glo uit ‘n studenteraadsvergadering geloop weens ontevredenheid rondom die verkiesingsproses.

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: