praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:06:32:01 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Polisie slaan toe op vervalsingsbedryf

Polisie slaan toe op vervalsingsbedryf

E-pos Afdruk PDF

Mpumalanga se polisie het toegeslaan op ‘n onderneming wat vervalste universiteits-, matrikulasie-, bestuurskool- en vakmanskapkwalifikasies vervaardig.

Die polisie het agterdogtig geraak toe 13 polisiereserviste se kopieë van hul matriek sertifikate dieselfde verwysingsnommer gehad het.

Hulle het op 'n wenk gereageer wat tot die inhegtenisneming van ‘n 25-jarige man in Emthonjeni gevolg het.

Hy het aanvanklik homself in sy huis probeer toesluit, maar het uiteindelik ingegee en die polisie ingelaat.

Binne in die huis was ‘n verskeidenheid rekenaars en hardeskywe sowel as ‘n hele aantal roof-CD’s en DVD’s.

Daar was ook ‘n masjien wat vervalste bankkaarte maak.

Hy het ketelbouersertifikate, siviele ingenieursgrade en ‘n verskeidenheid diplomas vervaardig.

Vir ‘n gesertifiseerde kopie, het hy R50 gevra en vir ‘n vervalste ‘oorspronklike’, R350.

Meeste mense het gesertifiseerde kopieë by hom gekoop.

“Vanselfsprekend het die polisiereserviste nie veel van ‘n toekoms in die polisie nie,” het kaptein Leonard Hlathi gesê.

“Ons het nie plek vir sulke mense in die polisiediens nie.”

Die beskuldigde sal in die Machadodor landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog, vervalsing en uiting.

‘n Klag van letterdiewery sal ook mettertyd teen hom gemaak word.

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: