praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:06:32:01 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Swart studente verwoes kampus

Swart studente verwoes kampus

E-pos Afdruk PDF

Studente aan die Universiteit van Zululand in KwaZulu-Natal het Dinsdagaand lelik amok gemaak en verskeie klasse en geboue op die kampus beskadig, het die polisie Woensdag gesê.

“Ek kan bevestig dat die universiteit se eiendom beskadig is. ‘n Saak is aanhangig gemaak maar niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het kapt. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens studenteleiers by die universiteit is die studenteraad se kantore, ‘n klaskamer, die biblioteek en ‘n rekenaarlokaal beskadig.

“Die klaskamer is afgebrand en die polisie moes van rubberkoeëls gebruik maak om die kwaaddoeners onder beheer te bring,” het Thabani Mthabela, voorsitter van die ANCYL-tak, gesê.

Volgens Xolani Ngwezi, verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Studentebeweging (Sadesmo), is die South African Students’ Congress (Sasco) glo te blameer vir die voorval.

“Die leiers van Sasco het uit ‘n vergadering geloop waar ‘n kwessie rondom die studenteraad se verkiesing bespreek is,” het Ngwenzi, gesê.

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: