Ses mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld in Gugulethu na ‘n protesoptog geweldadig geraak het.
“Dis nou stil en polisie monitor die gebied,” het Kaptein Elliot Sinyangana gesê.
Die polisie moes vroeër rubberkoeëls gebruik het om sowat 50 betogers onder bedwang te bring.
Hulle het vroegoggend begin klippe gooi en asblikke omgekeer tydens ‘n onwettige betoging, het Sinyangana gesê.
Die polisie was nie bewus van enige beserings nie.
Volgens die polisie het die mense betoog teen ‘n nuwe winkelsentrum wat in die gebied gebou word.
Hulle is ontevrede omdat daar glo geen plaaslike inwoners mag werk nie.
Teen 10:00 die oggend het hulle die optog gestaak en by die plaaslike polisiekantoor vergader.
Sinyangana het daar met hulle gepraat oor die hul wettelose protesaksie.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





