praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:06:32:01 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Swart seuns neem verkragting met selfoon af

Swart seuns neem verkragting met selfoon af

E-pos Afdruk PDF

Drie swart seuns is in hegtenis geneem dat hulle ‘n 13-jarige meisie glo verkrag het en die daad met ‘n selfoon afgeneem het, het die polisie in Katlehong gesê.

Volgens kapt. Mefa Ndobe, polisiewoordvoerder, het die meisie in ‘n oopveld in Katlehong geloop toe die drie seuns (almal 14 jaar oud) haar glo oorval en herhaaldelik verkrag het.

“Die hartseerste van die hele ding is dat hulle die daad met hulle selfoon afgeneem het,” het Ndobe gesê.

Die polisie is nou in besit van die selfoon waarop die video glo geneem is. Die seuns is Woensdag in hegtenis geneem nadat die meisie haar ouers oor die voorval ingelig het.

“Die saak word steeds ondersoek,” het Ndobe gesê.

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: