praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:06:32:01 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Minister blaas halfmiljoen vir middag se plesier

Minister blaas halfmiljoen vir middag se plesier

E-pos Afdruk PDF

Uit ’n geskrewe parlementêre antwoord deur S'bu Ndebele op ’n vraag van Jacob van der Linde, DA-LP, blyk dit dat departement van vervoer bykans R500 000 bestee het op 'n middag se plesier. Van der Linde wou weet of ’n formele middagete wel gehou is en hoeveel dit die belastingbetaler gekos het.

Die middagete is vir nuwe minister, S’bu Ndebele, vir sy begrotingsrede gehou.

Ndebele het gesê R461 227,81 is in Julie vanjaar aan dié plesiertjie bestee. Die ete self het meer as R61 900 vir 200 gaste gekos.

Dit het die departement ook R248 613 aan dekor en klanktoerusting gekos en ’n verdere R12 200 is aan vervoer bestee.

Nog R138 486 is uitgegee aan die tentoonstelling by die parlement vir sy begrotingsrede.

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: