praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Friday, 10. February 2012

Bygewerk op:05:30:08 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika NVG wankel onder personeeltekort

NVG wankel onder personeeltekort

E-pos Afdruk PDF

Die Nasionale Vervolgingsgesag, NVG,  sukkel weens 'n reuse personeeltekort om die mas op te kom.

"'n Tekort aan ervare lede plaas 'n demper op die effektiewe en doeltreffende vervolging van misdadigers," lui die NVG se jaarverslag.

The Star het Donderdag berig dat dié verslag ook die werkstoestande by howe kritiseer en sê die slegte werkstoestande by die laer howe "neem ernstige afmetings aan".

Die ontbinding van die Skerpioene en die gebrek aan 'n permanente gesagsfiguur veroorsaak ’n baie lae moreel onder personeel.

Die NVG gaan die laaste paar jaar gebuk onder probleme soos "die groot aantal poste wat nie gevul word nie, ouditnavrae en -bevindinge, finansiële beperkings en dat mense in bestuursposisies dikwels bedank".

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: