praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:06:32:01 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Reigerpark-leerders met wapens gevang

Reigerpark-leerders met wapens gevang

E-pos Afdruk PDF

Twee 16-jarige seuns is Woensdag in hegtenis geneem nadat hulle in besit van vuurwapens en ammunisie was op hulle skoolgronde in die bruin woonbuurt Reigerpark. 

Volgens konst. Tsietsi Lamola, polisiewoordvoerder, is die polisie na die skool in die Oos-Rand uitgeroep nadat ander leerlinge die onderwysers in kennis gestel het dat die twee verdagtes vuurwapens by hulle het. 

“Met die polisie se aankoms by die skool het hulle ‘n vuurwapen aan die een seun gekry en ammunisie aan die ander. Sake is intussen teen beide seuns oopgemaak. Hulle sal binnekort in Boksburg in die landdroshof verskyn,” het Lamola gesê.



blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: