Kanono Kanono, ‘n ANC-raadslid vir die Mafube munisipaliteit het Woensdag in Frankfort se landdroshof in die Vrystaat verskyn op aanklagte van seksuele teistering van meer as tien kinders.
Kanono, ook ‘n onderwyser aan die Mfundo Thuto Hoërskool, het na bewering leerders van onder die ouderdom van 15 jaar na sy huis gelok waar hy vir hulle pornografiese videos laat kyk het, het die SAUK berig.
Hy het hulle glo daarna seksueel geteister.
Die uitsaaier het gesê honderde lede van die ANC-Vroueliga en leerders het voor die landdroshof betoog.
Sisi Ntombela, die voorsitter van die Vrystaatse Vroueliga, het gesê die party sal geen teistering deur hulle lede duld nie.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





