praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:06:32:01 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Twee wil duisende aanvalsoldate werf vir 2010

Twee wil duisende aanvalsoldate werf vir 2010

E-pos Afdruk PDF

Twee mans is vasgetrek omdat hulle na bewering poste in die polisie en weermag in Nelspruit "verkoop" het, het die Mpumalangapolisie Dinsdag bekend gemaak.

Die twee het hulleself voorgedoen as werksaam by die polisie se menslikehulpbronnedepartement en was in besit van SAPD-vorms, Mbombela-munisipaliteit se werksaansoekvorms, drie CV's en posadvertensies van die City Press-koerant het kaptein Leonard Hlathi gesê.

Die mans het werksaansoekers gebel, hulle ingelig dat hulle die aansoeke ontvang het en hulle dan gevra om R3 000 in kontant na die afspraak te bring.

Die polisie het 'n lokval vir die mans gestel en hulle gearresteer.

In 'n soortgelyke insident, ook in Nelspruit, het die polisie 32 klagtes tussen Maandag en Dinsdag ontvang dat mense besig is om Nasionale Weermag poste te verkoop.

Die mense was besig om pamflette uit te deel wat poste in die weermag belowe en die weermag se embleem en die Suid-Afrikaanse vlag was op die pamflette afgedruk.

"Hulle het beweer dat die regering beplan om seker te maak dat daar 30 000 aanvalsoldate teen 2010 aansluit."

Mense wat gereageer het op die advertensie, het 'n teksboodskap ontvang wat hulle gevra het om R200 in 'n bankrekening te deponeer.

Daarna moes hulle Maandag buite die Promenade Hotel in Nelspruit gaan wag vir 'n bus om hulle te vervoer. Die bus het nooit opgedaag nie.

Hlathi het gesê hulle doen 'n beroep op mense om geen oproep of pamflet wat werk in ruil vir geld aanbied, te beantwoord nie. "Geen werk is te koop nie," het hy gesê.

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: