Vyf polisielede van Pretoria is geskors nadat hulle in 'n kroeg aangetref is waar hulle besig was om te drink terwyl hulle veronderstel was om op diens te wees, het die SAUK Dinsdag berig.
Die vyf, waarvan twee inspekteurs is en twee sersante, is by die Sinoville-stasie en het hulle uniforma aangehad tydens die drinksessie.
Hulle vuurwapens is gekonfiskeer en hulle gaan ondersoek word.
Woordvoerder vir die polisie in Gauteng, direkteur Govindsamy Mariemuthoo, het aan die uitsaaier gesê "provinsiale kommissaris [Perumal] Naidoo het 'n streng waarskuwing gerig dat hierdie soort gedrag nie geduld sal word nie. Ons dien lede van die publiek en ons aanslag moet profesioneel wees".
| < Vorige | Volgende > |
|---|





