praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:06:32:01 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Blanke vroue uitgesluit van rassevoorkeurstelsel

Blanke vroue uitgesluit van rassevoorkeurstelsel

E-pos Afdruk PDF

Wit vrouens behoort nie deel van die beleid van "indiensnemingsbillikheid" te wees nie en moet ook nie as 'n onderskeidende groep geklassifiseer word wat hulle vir regstellende aksie geskik maak nie, omdat apartheid nie teen hulle gediskrimineer het nie.

Diane Schneider, 'n vennoot by Deloitte & Touche, het op die konvensie van die Vereniging vir die Bevordering van Swart Rekenmeesters in Durban gesê wit vrouens is nie stelselmatig uitgesluit nie maar is eerder deur hulle eie gemeenskap bevooroordeel.

Schneider sê uit 'n praktiese oogpunt moet swart ekonomiese bemagtiging en die Wet op Werknemersbillikheid in lyn gebring word om te verseker dat daar nie verwarring ontstaan nie. Schneider sê die debat oor vroulike bemagtiging moet wegbeweeg van inisiatiewe en verander in strategieë wat met besigheidsgroei en volhoubaarheid verbind word.

Schneider sê menings is deur ander afgevaardigdes ondersteun. Gugu Moloi, stigter van Iman Africa, sê wit vrouens het voorheen 'n keuse gehad om die leer te klim, anders as swart vrouens wat deur apartheidswetgewing verhinder is om hulle regte uit te oefen.

Anneke Potgieter, die finansiele bestuurder van die Suncoast Casino, sê wit vrouens vergeet soms dat hulle nie voorheen benadeel is nie. Sy sê 10 jaar gelede was dit miskien 'n uitdaging vir wit vrouens om die leer te klim maar in die moderne tye het dinge heeltemal verander. Sindi Konya, president van die African Women Chartered Accountants, het met Schneider saamgestem. Sy sê in hulle geval was hulle heeltemal uitgesluit en die huidige stelsels probeer om die verlede te herstel.

Konya sê wit vrouens het gevoel hulle word deur hulle eie gemeenskap onbemagtig en dit vereis 'n ander oplossing. Maar Jaco Kleinhans, woordvoerder van Solidariteit, is teen hierdie standpunt gekant en sê wit vrouens sou nie by bemagtingsbeleid ingesluit gewees het, as hulle nie gedurende apartheid benadeel was nie.  Kleinhans sê daar was beleid wat negatief teenoor hulle was en dit was 10 tot 20 jaar gelede taamlik algemeen.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: