praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:06:32:01 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Buitelanders ontvang weieringsbriewe

Buitelanders ontvang weieringsbriewe

E-pos Afdruk PDF
Honderde ontwortelde buitelanders het gister briewe ontvang waarin hul asielaansoeke geweier word.
Die atmosfeer was gisteraand gespanne aangesien buitelanders nou gedeporteer gaan word.

Die departement van binnelandse sake het aan alle buitelanders wat in vlugtelingkampe gehuisves word tydelike ID's van ses maande uitgereik.

Die maatreël is geneem om immigrante wat hul dokumente tydens hul vlug weg van die onlangse etniese geweld verloor het, te beskerm.

Volgens die Gautengse provinsiale regering kan diegene wat weieringsbriewe ontvang het, 'n appèlproses volg.

Dis meesal Zimbabwiërs, Mosambiers en Kongolese wat weieringsbriewe ontvang het.

blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: