Die 24-jarige Moses Mokhubuki is gister in die Johannesburgse hooggeregshof aan 12 aanklagte skuldig bevind, onder meer poging tot moord, diefstal, verkragting, poging tot verkragting en roof met verswarende omstandighede. Hy het tussen Mei en Junie 2007 drie blanke vroue van Weltevredenpark verkrag. Hy sou ook 'n vierde vrou verkrag het indien haar broer nie onverwags opgedaag en hom verjaag het nie.
Terwyl Mokhubuki vroeër beweer het dat hy onskuldig is, het hy gister skuldig op al die aanklagte gepleit. Een van sy slagoffers het in die hof getuig dat Mokhubuki homself "Professor Mister Killer" genoem het voordat hy haar verkrag het.
Die regter het die moed van die vroue wat oor hul ervarings in die hof getuig het, geloof.
Die regter het die moed van die vroue wat oor hul ervarings in die hof getuig het, geloof.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





