praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:06:32:01 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Mugabe gaan SAOG-spitsberaad bywoon

Mugabe gaan SAOG-spitsberaad bywoon

E-pos Afdruk PDF
Image

Robert Mugabe is na die SAOG-spitsberaad vir staatshoofde uitgenooi.

Die uitvoerende sekretaris van SAOG, Tomaz Salomao, het bevestig dat die Zambiese president Levy Mwanawasa 'n uitnodiging aan president Mugabe gestuur het.

Salomao wou nie sê in watter hoedanigheid Mugabe dit gaan bywoon nie en het gesê die media moet die kantoor van SAOG-voorsitter Mwanawasa raadpleeg.

Mwanawasa verkeer tans onder swaar verdowing in 'n Franse kliniek na 'n beroerte-aanval.

Intussen het Botswana gesê dat dié land nie die beraad gaan bywoon indien Mugabe ook uitgenooi word nie.

blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: