Beeld berig dat 'n skoolseun van die Oos-Rand vasgetrek is nadat hy 'n Uzi-masjiengeweer in sy skooltas weggesteek het.
Die 16-jarige seun, wat ook 4 patrone in sy besit gehad het, is Saterdagaand in Daveyton in hegtenis geneem.
Die seun is deur die polisie in 'n straat opgemerk waar hy dié geweer in sy skooltas probeer indruk het.
Die polisie soek na nog twee gewapende tieners wat van die toneel gevlug het.
Die seun is intussen borgtog geweier.

Dieselfde masjiengeweer is glo Vrydagnag in 'n rooftog in Daveyton gebruik, volgens die polisie.
| < Vorige | Volgende > |
|---|