praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:06:32:01 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Mulder wis nie van 'Khoi-volksmoord' nie

Mulder wis nie van 'Khoi-volksmoord' nie

E-pos Afdruk PDF
Om die kwessie van grondhervorming van die regering se agenda af te skuif, sal wees om die ANC se geskiedenis te verraai, het die party se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, Maandag gesê.

Transformasie moet 'n voortdurende onderwerp wees, aangesien dit van historiese belang vir die bevrydingsbeweging is, het hy in Johannesburg gesê by die bekendstelling van die boek "Eenheid in Diversiteit: 100 jaar van ANC-leierskap".

"Die dialoog moet voortduur. Dit gebeur en dit vat elke dag vlam."

Die kwessie moet nie net deur 'n "monopolie van afdelings in die samelewing" aangeroer word nie.

Mantashe het gesê die party se jaar lange vieringe van 100 jaar se bestaan het Suid-Afrikaners gehelp om "weer in dialoog te tree".

Hy het gesê die leier van die VF+, Pieter Mulder, probeer die geskiedenis herskryf. Mulder het verlede week in die Parlement gesê swart "Bantoe-sprekende" mense het geen historiese reg tot 40 persent van die land se grond nie.

Volgens Mantashe is die eerste oorlog van weerstand in 1659 deur die Khoi- en San-mense geveg.

"Hy (Mulder) glo die volksmoord wat daarop gevolg het, het daartoe gelei dat daar geen Koi- en San-mense oor was nie... hy glo daar was geen mense oor nie."

Mantashe het die belangrikheid van die ANC se honderd jaar bestaansvieringe se rol in die heropvoeding van Suid-Afrikaners beklemtoon. Hy het gesê "'n land wat nie sy geskiedenis ken nie, is soos 'n boom wat nie vrugte dra nie".

Hy het vorige ANC-leiers geprys daarvoor dat hulle die belang van opvoeding vir swartmense gevestig het deur die stigting van opvoedingsinstellings.

"Hulle het 'n rol daarin gespeel om Afrikane van intellektuele kapasiteit te voorsien. Ek kan dit sien en voel in die geskiedenis van die ANC."

Hy het mense gevra om die boek, wat R250 per kopie kos, aan te skaf, aangesien dit 'n belangrike "historiese instrument" is. Mathews Phosa, ANC-tesourier, het verlede maand die eerste kopie aan oudpres. Nelson Mandela oorhandig.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: