"Dit is net die interne proses van die ANCYL wat kan besluit of die leierskap van die ANC-jeugliga verkose is of nie," het Lamola het aan verslaggewers gesê by Luthulihuis in Johannesburg.
"Die ANC-Jeugliga sal nooit saamstem dat sy leierskap onderwerp word aan onbillike en onregverdige behandeling of verban word vir eng politieke doeleindes nie."
"Alle leiers van plaaslike, provinsiale en nasionale uitvoerende komitees... van oor die land het die aanbod van die ANCYL-president om uit sy posisie te bedank, van die hand gewys," het Lamola gesê.
Lamola het gesê die ANC-jeugliga se leiers sal in plek bly tot Junie 2014, as sy volgende elektiewe konferensie gehou word, want daar is geen grondwetlike basis waarop hulle verwyder kan word nie.
Hy het gesê die "vreemde tradisie" wat probeer om leiers van ligastrukture te verwyder sonder toestemming moet "in die kiem gesmoor word".
"Dit sal 'n volledige ondermyning van die wil van die mense wees," het Lamola gesê.
Malema, sy woordvoerder Floyd Shivambu en liga-sekretaris-generaal Sandiso Magaqa het nie die mediakonferensie bygewoon nie.
Hulle was by 'n verhoor, ook by Luthulihuis, ter versagting van hul skorsings.
Gevra of die ANC-jeugliga homself distansieer van die ANC deur die nie-nakoming van sy sanksies, het Lamola gesê dit is nie die geval nie.
"Daar sal nooit 'n tyd wees wanneer die ANCYL sal funksioneer buite die ANC nie. Ons sal altyd 'n organisasie binne die ANC bly."
| < Vorige | Volgende > |
|---|





