Sindi Chikunga, voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor polisie het die hoë syfers van afwesigheid by die Maitland-polisiestasie in Kaapstad as voorbeeld genoem.
Die 85 polisiebeamptes by dié polisiestasie het 'n totaal van 6 579 dae siekverlof in een jaar geneem. Dis 'n gemiddeld van 77.2 dae per beampte.
"Dit beteken niemand by hierdie polisiestasie werk nie, punt," het Chikunga gesê tydens polisie se bestuur se verskyning voor die komitee om 'n oudit van huurkontrakte te bespreek.
"Eintlik is daar mense in die departement wat volgens die register veronderstel is om dood te wees, want daar is nie 'n enkele deel van hulle liggaam wat nog nie siek was nie," het Chikunga gesê.
"Maar hulle is perdfris en gesond. Hulle is nie dood nie."
Party van dié individue is selfs bevorder, ten spyte van hul swak werksetiek.
"Ek dink dis 'n saak wat ons tydens ons sittings met die departement moet bespreek. Dit beteken ons beloon sulke gedrag," het sy gesê.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





