Dave Mcnamara is op 28 Junie 2011 in die vroeë oggendure by die berugte Senator Park-woonstelle in die Kaapstadse middestad aangekeer, maar die saak het eers Dinsdag aan die lig gekom nadat Die Son vandeesweek oor die saak berig het.
Tik is in sy besit gevind nadat hy jare lank in die media aangehaal is oor die Wes-Kaap se dwelmprobleem.
Albert Fritz, LUR vir sosiale ontwikkeling, sê hy het eers vandeesweek van Mcnamara se inhegtenisneming gehoor.
"Die departement het regsadvies ingewin en oorweeg tans wat die mees gepaste optrede sal wees," het hy aan die Cape Times gesê.
Mcnamara sal na verwagting weer in April in die Kaapstadse landdroshof verskyn.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





