praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Richard Branson spoel mond uit oor wit rassisme

Richard Branson spoel mond uit oor wit rassisme

E-pos Afdruk PDF
Twee klagtes van rassisme by Virgin Active gimnasiums in Johannesburg is afgehandel, het Virgin Active SA, gister gesê.

"Ek het persoonlik verantwoordelikheid aanvaar om die feite te oorweeg en of enige verdere plan van aksie nodig is," het besturende direkteur, Ross Faragher-Thomas in 'n verklaring gesê.

"Ek is tevrede dat Virgin Active SA so spoedig as moontlik met die voorval gehandel het, asook die erns van die twis erken het en die prioriteit wat dit verdien."

Dinsdag, het Independent Online berig dat Lesley Mofokeng 'n kriminele klag gelê het nadat hy beledig is by Sunninghill Virgin Active, in die noorde van Johannesburg.

'n Mede-lid van die gim het Mofokeng 'n "boy" genoem en hom beskuldig dat hy  "die toerusting beset".

Mofokeng het gesê: "Die man het gekom en begin skree en gesê:" Julle swart ouens neem alles oor wat ons het. Ons weet dit is jou fokken land, maar jy hoef nie alles te beheer nie. "

The Star het Maandag berig dat 'n lid van die Virgin Active Morningside, in Sandton, op grond van ras beledig is deur 'n ander lid tydens 'n spinklas op 31 Desember.

Volgens Liz Hleza het die man ontstoke geraak omdat sy geskree het "Yebo" in haar entoesiasme vir die musiek en oefening.

"Ek was so bang en het gedink hy gaan my slaan, hy was so kwaad. Hy het gesê ek moet stilbly en aanhou herhaal 'this bloody kaffir, you kaffir'," het Hleza gesê.

Sy het gesê sy was ontevrede met die gim se hantering van die saak.

Faragher-Thomas het gesê Virgin Active het vier personeellede aangewys om te kyk na die klagtes. Die algemene bestuurder was ook betrokke by pogings om die opstootjies op te los.

Die voorval by die Morningside-gim is ondersoek en hy het persoonlik met Mofokeng oor sy ervaring gesels.

"Ons neem altyd gepaste optrede in die geval van 'n lid se wangedrag."

Hy het gesê lede is in die verlede geskors vir onvanpaste gedrag, en dat die maatskappy 'n zero-toleransie benadering tot diskriminasie deur sy lede inneem.

Stigter en hoofuitvoerendebeampte van die Virgin-groep Richard Branson het kommentaar oor die aangeleentheid op die Virgin Active SA se Facebook-bladsy gelewer, berig News24.

"Ons keur nie enige vorm van diskriminasie by Virgin goed nie- veral nie rassisme nie," het hy gesê.

Hy het gesê Virgin beskou die klagtes as "baie ernstig".

"[Ons] is van plan om te kyk na al die feite om die regte uitkoms vir alle betrokke partye te bereik," het Branson geskryf.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: